NUUSBRIEF JAN/FEB 2017
- Mirna Bothma
- Jan 26, 2017
- 3 min read
Ons is al pens-en-pootjies in 2017, maar ek wil tog behoorlik sê: BAIE WELKOM TERUG IN DIE STUDIO. Dis heerlik om elke bekende gesig weer te sien, en ek hoop jy voel oorgehaal en slaggereed vir die jaar. 2017 beloof om `n opwindende jaar te wees in die studio, met `n splinternuwe oefenskedule en `n hele paar nuwe klasse en verrassings wat oppad is.
Almal het seker al die gegons rondom die nuwe Body pump-klassse gehoor, en dit gaan `n werklikheid word in Mei-maand☺. Ons studio gaan ook die eerste een in Mpumalanga word wat hierdie spesifieke groepklas gaan aanbied. Meer daaroor later, maar dis `n lekker vooruitsig en iets wat almal sal geniet!
Baie welkom aan elkeen wat vir so `n week of twee ons klasse uitgetoets het. Hoop ons het jou oortuig dat hierdie geel geboutjie jou nuwe oefentuiste kan word. `n Spesiale welkom aan al ons nuwe lede:
Lerato Faku Pretty Matenchi Mirinda Jacobsz Nicolene Reyneke Helga Keulder Nicci Richards Carla Adlem Monique Adlem Alicia Stidworthy Tetelo Tolamo
Izél Barnett Arita Crous Zama Ndlovu Nanile Dlamini
Bianca Naudé Leoné Bakker Phindle Mthembu
Aangeheg is ons nuwe oefenprogram en dit tree in werking op Maandag 30 Januarie. Ek glo dit gaan ons almal se gemoedere, fiksheidsvlakke en geesdrif `n lekker hupstoot gee. Neem asseblief kennis dat die Maandagaand 18:15 Booty Barre klas ongelukkig nie `n oop klas is nie, maar jy kan teen slegs R20 per klas (vooruitbetaalbaar) jou plekkie bespreek en verseker. Volgens Pilates-regulasies mag daar net `n beperkte aantal lede deelneem aan die klas. Onthou, jy kan nog inskryf vir ons jaar-Challenge. Daar`s geen inskrywingsfooi aan verbonde nie – net jou ledegeld en een body assessment elke maand.
Vra en praat gerus as daar engiets is waarmee ons kan help.
Ons wens Jan-Hendrik baie sterkte toe met die nuwe uitdagings wat op hom wag by die Errie Biokinetika sentrum. Dankie vir die paar maande wat jy ook `n verskil kom maak het in ons studio. Dankie aan Elanza en Elsje vir al jul moeite, entoesiasme en hulp met die klasse.
Maak asseblief seker dat jy van Februarie af jou ledegeld betaal voor die 7de van die maand. Ons tariewe is steeds ongelooflik billik, so dis nie te veel gevra nie. Die Kids Zumba klasse (7 tot 12 jaar) begin ook weer op Woensdag 1 Februarie.
Baie geluk aan al ons lede wat in Januarie verjaar het, en ook aan elkeen wat hul geboortedag in Februarie gaan vier:
JANUARIE: FEBRUARIE:
2 Portia Malindisa 8 Petro Meyer
5 Elsa Winckler 13 Marli Swart
11 Thabitha Mokgoto 20 Shirley Gama
Willem Hofmann 25 Taryn Borchardt
15 Mathlodi Famo
23 Mariëtte Olivier
25 Hannari Davel
26 Lilly Steyn
Andrea de Jager
Ansie Saaiman
27 Stacey du Toit
28 Ella van Wyk
Ek belowe om elke tweede nuusbrief in Engels te tik, so if you don`t understand a word I have written, I`ll gladly translate it for you. Ons wag tans in spanning om te hoor van Discovery Vitality se nuwe beleid rakende privaat-gimnasiums en sal dadelik laat weet as ons meer duidelikheid het.
Onthou gerus dié woorde van Ralph Waldo Emerson wanneer die nuwe jaar-lamte jou wil beetpak hier vroeg-vroeg in die jaar: “The world belongs to the energetic. Every great and commanding movement in the annuals of the world is due to the triumph of enthusiasm…” Ek is opgewonde oor 2017! En ek kan aanvoel jy ook☺
Oefenliefde
Mirna
0827790507
Comments