NUUSBRIEF MAART/APRIL 2017
- Mar 31, 2017
- 2 min read
Dis nie net die mooie kosmosse wat ons herinner dat 2017 in volle vaart is nie – ons sien dit sommer op almal se gesigte☺. Dit was `n wilde en woeste kwartaal en die dae was elke week te kort vir als wat gedoen moes word. “Tyd” het `n duur gebruiksartikel geword vir almal – soveel te meer dankie aan elkeen wat steeds TYD MAAK vir oefen!
`n Spesiale welkom aan al ons nuwe lede:
Zama Malahlela Marthie Botes Bongi Bomoyi
Lorna Swart Liz Moodley Irmé Greyling
Bianca Ngubeni Asma Danka Gugu Mathebula
Melanie Veerasomy Suzette Moore Xuné Burger
Elaine Landman Rendani Ramaano Izelde Zwarts
Gratitude Nquandela Nicolene von Gent Sandra van Aarde
Chrissie Maree Ronel Strydom
`n Volle 44 lede het ingeskryf vir ons Jaar-Challenge en ek moet sê – ek is spyt ons het dit nie lankal aangepak nie. Die feit dat daar meer TYD is maak almal rustiger en ek het net weer tot die besef gekom wat `n mens kan vermag met `n kalm, vasberade ingesteldheid. Onthou net asb dat dit elkeen se eie verantwoordelikheid is om elke maand se “Body assessment” afspraak te bespreek en na te kom. Onthou asb ook jou R50!
Die Booty Barre-klasse is ongelooflik gewild, en dis lekker om in daardie 50 minute letterlik te VOEL hoe elke spiertjie inskop en werk! (Daar`s boonop nog tyd om die musiek ook te waardeer☺) Indien jy my whatsapp gemis het, let asb daarop dat daar nou vanaf April ook `n Booty Barre-klas op `n Woensdagaand 18:15 gaan wees. Nog net `n paar plekkies oop daar, so laat weet asb so gou moontlik as jy belangstel. Klasse is steeds R20 per klas vooruitbetaalbaar vir die maand. (Wat die “Broadcast messages” betref, maak asb seker dat jy my as `n kontakpersoon “add” op jou foon anders gaan jy dit nie ontvang nie.)
`n Spesiale geluk aan al ons April-verjaarsdagmaats – Ons mooiste wense vir die nuwe lewensjaar:
2 Marieta Lamprecht 4 Irene Mothlabi
6 Carol Myburgh 9 Ilne Pieterse
10 Sandra van Aarde 13 Jennifer Lotz
22 Sakkie Lamprecht 22 Thea van der Poel
23 Hannelie Slabber 24 Vinasia Marx
26 Lungile Gama 27 Marjorie Stoffberg
29 Debbie Naudé
Die studio sal gesluit wees op Vrydag 14 April, Maandag 17 April en Donderdag 27 April. Klasse gaan normaal voort op AL die ander dae. Let asseblief ook op die paar klein veranderinge in ons April-oefenprogram, veral om 7.30. Kom probeer gerus ons Cardio Fun-klas wat van April af die suiwer Zumba-klas vervang - `n Lekker kardio-oefensessie waarin Taebo, Hi/Lo, dans aërobies en toning gekombineer word om aan ALMAL `n goeie oefensessie te bied – selfs al het jy drie linkervoete☺. Aandklasse bly andersins dieselfde, behalwe vir die ekstra Booty Barre-klas op `n Woensdagaand.
Een van die beroemdste April-babas wat ooit gebore is, was die sprokie-skrywer Hans Christian Andersen. Kom ons hou sy lewensfilosofie so `n bietjie voor oë hierdie maand. Hy`t gesê: “Enjoy life. There`s plenty of time to be dead.”
Mag elkeen `n Geseënde Paastyd ervaar saam met familie en vriende, en mag jy daardie selfe inspirasie en entoesiasme waarmee jy 2017 aangepak het, behou, selfs al word die luggie yler en die dae korter. Hou aan beweeg, drink genoeg water en glimlag gereeld – jy`s dit aan jouself verskuldig!
Oefenliefde
Mirna


Comments